Henri Stiglingh writes a follow-up
article on the success of the shared loft system pioneered in Jefreys Bay,
which is supported and sponsored by Medpet in the interests of the sport.
SCROLL DOWN FOR ENGLISH TRANSLATION
In die Februarie 2008 uitgawe van SA en Duiwe Nuus waas
daar ‘n skrywe omtrent die Medpet Hok in Jeffreysbaai.
Na sewe maande kan ons terugrapporteer omtrent die voor- en nadele van so ‘n Hok
en die besparing vir duiweboere.
As gevolg van die hoë kostes in die duiwesport vandag, word
ons duiweboere al minder en steeds het ons Nasionale Organisasie – SANPO – geen
bemarkingstrategie in plek gestel om die saak te verbeter nie. Dit is dan ook
seker een van die redes waarom daar so baie navraag i.v.m. die sukses van die
Hok is vanoor die hele land.
Daar is al meer en meer duiweboere wat eenvoudig net nie
die geldelike vermoë of tyd het om voltyds aan die duiwesport mee te doen nie,
maar tog nog wil deel in die genot van die duiwesport. In so ‘n Hok kan almal
wel deel hê teen ‘n minimale koste in verhouding met ‘n voltydse Hok van jou eie.
Jy het nog steeds die vreugde van jou duiwe se prestasies in die Hok en jou
duiwe word getoets teen ander duiwe wat almal onder dieselfde omstandighede moet
meeding.
Die goeie nuus is dat ons nou in samewerking met MEDPET ‘n
projek gaan loots waardeur ons meer sulke Hokke oor die land gaan vestig.
Die voor- en nadele van so ‘n Hok:
Voordele:
Dit gee duiweboere weer hoop en iets om na uit te sien.
Duiwe sorter mekaar uit, aangesien alle duiwe ‘n gelyke kans het en net die
beteres oorleef en presteer omdat die kompetisie so hoog en straf is.
Duiweboere kan tot 60% van normale onkostes in die Sport bespaar.
Duiwe neem nogsteeds deel op Klub en Unie-vlak.
Elke duiweboer behou steeds sy span duiwe en kan hulle laat oorstaan tot die
volgende jaar.
Dit gee afgetrede duiweboere en mense wat nie tyd het om soveel tyd aan die
duiwe te spandeer nie, nog ‘n kans om wel deel te neem en hulle duiwe te toets
teen ander duiwe.
Nadele:
Daar is redelike verliese van duiwe aan die begin van die seisoen as gevolg van
die feit dat die duiwe uit verskillende dele van die land en omgewings kan kom.
Daar is ook ‘n groot verskil tussen liefhebber-duif verhouding en net
hokversorging.
Dit is ook ‘n groot probleem om almal in die hok te akkommodeer, tensy ons die
Hok vergroot (dis hoog in aanvrag).
Die verslag vir die Hok vir die afgelope sewe maande is
as volg:
Duiwe word behandel met Medpet produkte en Vitamien aanvullings.
Duiwe is in ‘n uitstekende gesonde kondisie.
Daar word op ‘n gereelde basis plekke gevlieg in die Klub.
Die beste prestasie was 4 plekke in die Klub van net 9 duiwe wat ingekorf is.
Voeding speel ook ‘n geweldige rol in die prestasie van die duiwe en dit kan
gesien word aan die uitslae waar die duiwe presteer.
Die gevolgtrekking is dat die Hok wel ‘n groot sukses is en
daarop voortgebou kan word.
Dit is ‘n aansporing vir duiweboere om in die toekoms in
die Sport te bly.
Indien enige duiweboere in die land sou belangstel om so ‘n
Hok te begin, kan hulle ons enige tyd skakel of email en ons sal met die
grootste plesier help waar ons kan.
Henri –082-800-1412 Petra – 072-3888-738 email –
henristi@mweb.co.za
ENGLISH TRANSLATION...
There was an article in the February 2008 edition of the SA
& World Pigeon News about the Medpet Loft in Jeffreys
Bay. After seven months we can report back about the advantages and
disadvantages of such a Loft and the consequent savings for pigeon fanciers.
The number of pigeon fanciers in this country is reducing
because of the high costs in the sport, and the National Organisation – SANPO –
still has no marketing strategy in place to improve the situation. The issue of
costs must, then, be one of the reasons why there are so many enquiries
regarding the success of the Loft from all over the country.
There are more and more pigeon fanciers that simply do not
have the money or time to take part full time in the pigeon sport, but who still
want to be involved in the pleasure of it. In a loft like the Medpet Lofts in
“J-Bay”, everyone can have an involvement at a minimal cost in comparison with
having a full time Loft of your own. You still have the pleasure of the
achievements of your pigeons in the Loft, and your pigeons are being tested
against other pigeons which all compete under the same circumstances.
The good news is that we are now going to pilot a project
in conjunction with MEDPET whereby we are going to launch more such Lofts across
the country.
The advantages and disadvantages of such a Loft:
Advantages:
It gives pigeon fanciers hope again and something to look forward to.
Pigeons sort one another out, because all pigeons have an equal chance and only
the better ones come through and achieve with the standard of the competition
being high and harsh.
Pigeon fanciers can save up to 60% of the normal costs in the Sport.
Pigeons still compete on Club and Union level.
Every pigeon fancier still keeps his own team of pigeons and can leave them over
to the following year.
This gives retired pigeon fanciers, and people who cannot spend so much time
with the pigeons, a chance to compete and to test their pigeons against others.
Disadvantages:
There is a reasonable loss of pigeons at the beginning of the season because the
birds come from different parts of the country.
There is also a big difference between the pigeon lover relationship and just
caretaker relationship.
It is also a big problem to accommodate everyone in the Loft, unless we enlarge
the Loft (there is high demand).
The report from the Loft for the past seven months is as
follows:
Pigeons are being treated with Medpet products and Vitamin additives.
The condition of pigeons is excellent.
Races for places take place regularly in the Club.
The best result was 4 places in the Club from only 9 pigeons basketed.
Feeding also plays a big part in the achievements of pigeons and this can be
seen from the results where the pigeons achieve.
The conclusion is that, while we can work on some
improvements, the Loft is a big success; it is an incentive for pigeon fanciers
to stay in the Sport in future.
If any pigeon fancier in the country is interested in
starting such a Loft, they can call or email us any time and we will assist
where we can.
Henri – 082-800-1412 Petra – 072-3888-738 email
– henristi@mweb.co.za
|